as it is spoken

Na die drie-jarige oorlog, was die Boere in ‘n benarde toestand. Daar was niks oor op die plase nie - geen vee, geen lande, geen huise…

Afgesien van die toestand van hulle omgewing, het die probleem van onderwys en skole ook ‘n groot probleem blyk te wees. Die Engelse wou toe ook seker maak dat hulle die Afrikaner geheel en al uitroei, en die eerste stap was om net die Engelse taal op al die skole toe te laat. Niemand was toegelaat om enige Afrikaans te praat nie. As jy nie daarby gehou het nie, was jy in die hoek gesit - sodoende moes jy nou boet vir jou oortreding.

Vir die klomp klein Boertjies was dit glo ‘n nagmerrie, want wat hulle van Die Rooitaal geweet het was minder as nul. Vir daardie dae op skool kon hulle nie eers met mekaar Afrikaans praat nie en het die onderwyser hulle gestraf indien hulle nie Engels praat nie. So hulle het maar probeer. 

Een storie van (oom) Willie Scheepers, was toe die juffrou hom beskuldig het dat hy ‘n ander kind se uitveer of rubber gesteel het. Die insident het in die familie as ‘n klassieke voorbeeld deur die tyd afgegaan. Hy was geweldig ontsteld dat sy hom beskuldig het, en het himself verdedig, maar hy moes dit in English doen.

“Joe can take ‘n bile, and cut me open, like so (hy wys met sy vinger van sy kop tot sy tone) en Joe can take out my biles en my dêrms, en Joe kan maal them fine, en Joe will find no rubber dere.”

English as it is spoken.  

written by Malcolm Moodie Snr., edited by one of his Brats

Previous
Previous

Cantor Fitzgerald

Next
Next

a sum-of-a-kind: